|
|||||||
|
|
|
|||||
|
|
|||||||
Reflexology 2000 |
![]()
Pretoria, 11 September 1991
Hiermee kan ek getuig dat ek amper bed lêend was. Ek het al begin lam word en kon nie loop nie. Ek het alle hoop opgegee, want die dokters, wat oor my is, het gesê, ek gaan later in n ry stoel moet bly. Ek het met my krukke stadig beweeg, tot ek bly lê het. En ek kan met ware lof getuig, dat die behandeling, wat Mev. Heindl, my by die huis kom gee het, wonderwerke verrig het.
Dank aan haar behandelinge van refleksologie loop ek weer, en die dokter is verbaas. Ek beveel dit aan almal aan. Ek kon nie glo toe ek weer kon loop, na ek amper verlam was.
Dank sy, haar behandelinge. Sy is eenvoudig wonderlik.
Ek se steeds dankie vir haar helende hande.
Dankie , Mev. AG W., Emily Hobhouselaan - Pretoria Noord
![]()
H. d. L.
Ek die ondergetekende, wil graag my dank teenoor Refleksologie uitspreek wat soos volg is:
1. Ek het met krukke vir my eerste behandeling gegaan, my voete was so geswel en het so gepyn dat ek skaars kon loop.
2. Ek het geweldige hoofpyne gehad, in so n mate dat ek elke dag tussen 6 tot 12 pynstillers moes neem.
3. My rug het my geweldig gepla, soms kon ek skaars uit die bed opstaan in die oggend.
4. Ek het tussen vier en vyf keer per nag opgestaan, om water te gaan drink, want ek kon nie rustig slaap nie.
Nou, na my 12de behandeling loop ek soos enige persoon rond, slaap rustig elke nag, my hoofpyn is weg, my rug pla my omtrent nooit meer nie. Ek kan bevestig, dat dit werk. Vriende en familie kan nie glo dat ek so herstel het nie.
My dank aan refleksologie en Imelda.
Geteken:
H. P., Eeufeesstraat, Pretoria-Noord
![]()
10.05.1993
Ek is n kwadrupleeg as gevolg van n motorongeluk in 1962, waarby ek n servikale fraktuur 4/5 + 5/6 opgedoen het. n Spinale fusie is op my uitgevoer, waarna n lank tydperk van Fisioterapie gevolg het. Alhoewel ek aanvanklik geheel en al verlam was het ek deur harde werk en aanhoudende oefeninge daagliks tot so n mate herstel, dat ek myself kan verplaas vanuit my rystoel na die bed en omgekeerd, asook vanuit die rystoel na n motorsitplek en weer andersom.
Geleidelik het ek deur die jare heen n lae rugpyn ontwikkel en deur ondersoeke en X-straal opnames in 1984 is daar volgens n Radioloog by die H.F. Verwoerd-Hospitaal die volgende vasgestel:
"Pasiënt se bekkenbeen is te horisontaal geplaas. Drukking vind plaas op die para-vertebrale gewrigte, wat n ostioartritis as gevolg het."
Verder het ek aan die geneesheer aan diens gerapporteer, dat ek n pyn in my nek- en skouerspiere (regs) het, wat ook geleidelik vererger. Daarop was die genesende heer se antwoord: Met so n besering kan jy maar n pyn hier en n pyn daar verwag. Verder het hy dit nie nodig geag, om iets daaraan te doen nie. Vir die lae rugpyn het hy my n hoe dosies anti-inflamatoriese middel voorgeskryf. Die apteek het my daarop attent gemaak, dat ek na inname van die hoe dosies oor die voorgeskrewe lank tydperk beslis n maagseer gaan ontwikkel. Ek het verkies om ter wille van n gesonde maag met die pyn te leef.
In Januarie 1993 het die pyn in my lae rug soms so erg geword, dat ek in die oggend bang was, om in my rystoel te klim. Aangesien my eggenote vir behandeling na n refleksoloog gaan, het sy ook vir my n afspraak gereël. Vandag kan ek met blydskap die volgende op rekord plaas.
Na 22 behandelinge voel ek in die geheel baie gesonder, het weer meer lewenslus en aansienlik minder pyn. My eggenote het onlangs n verkoue gehad en dit het na vele jare nie weer gebeur nie, dat ek deur haar aangesteek is nie. Dit alleen is wonderlik, want afgesien van die neusverkoue het dit ook gewoonlik na my longe toe gegaan, wat baie probleme veroorsaak het. Ek wil die bewering maak, dat ek dit die refleksologie te dank het. Te oordeel aan die voordeel wat ek deur die behandeling ondervind en reeds het, is ek van mening, dat die refleksologie n regmatige plek binne die raamwerk van die geneeskunde behoort te verkry. Dit is tog immers beter om van n lastige kwaal ontslae te kan raak sonder die inname van duur en soms gevaarlike geneesmiddels. Volgens my beskeie mening verdien dit verder getoets te word deur die toepassing van refleksologiese behandeling van n spinaalbeseerde pasiënt, direk na opname in die Hospitaal, of daar nie vinniger en meer suksesvoller resultate m.b.t. die herwin van bewegings en normale funksionering van die verskillende sisteme (soos bv. beheer oor urine passering, stoelgang ens.) sal kan verkry word nie?
Imelda, baie dankie.
H.K. Innesdale, Pretoria
![]()
21.02.1994
Ek het probleme gehad met hoofpyn, moegheid en lae rugpyn. Na 3 behandelings oor n tydperk van 1 week het ek omtrent geen pyn meer nie en voel ek baie meer energie. Ek het ook geen medikasie of ander behandelings gekry behalwe die Refleksologie nie.
Baie dankie.
W. M.,. Pretoria
![]()
11. Maart 1996
Vir meer as 25 jaar - na n motor ongeluk waarin ek verskeie beserings opgedoen het - het ek pyn gehad, In die eerste jare nie baie erg nie, maar soos ek ouer geword het, het die pyn en spasmas in my nek en rug meer geword. Die spasmas was die laaste paar jare so erg dat ek saans nie meer wou bed toe gaan nie, maar liewer bly sit en slaap, want ek kon nie omdraai nie en moes smorens uit die bed gehelp word. Deur die jare is in verskeie stede plate geneem en het ek pyntablette gekry.
Ek is toe na n neurochirurg wat my na die Unitas hospitaal verwys het vir n "scan". By hom het ek gehoor dat ek n sweepslag-nekbesering het. Die "thorax" is beskadig. In die lae rug was die kussingkie al jare gelede weg en die 2 werwels alreeds stukkend. Die spiere in my rug het al lank nie meer behoorlik gewerk nie.
Hy het my na n fisioterapeut gestuur. Vir 8 maande, 3 dae n week, het ek fisioterapie ontvang waarna die spasmas nie meer so erg was nie.
Drie maande daarna het alles weer begin.
Toe hoor ons van Imelda Heindl. Ek wou eerlikwaar nie gaan nie, want ek het gedink - "wat sal sy dan kan doen?"
Na die 4de behandeling was die spasmas weg en na die sesde behandeling het ek regtig begin goed voel. Ek het nog 12 behandelings daarna gehad, waarna ek my nek wat styf was, weer kon draai.
Vandag, 2 jaar daarna, het ek nie pyn of spasmas nie. Die beserings is natuurlik nog daar en as ek dinge doen war ek nie mag doen nie, voel ek dit beslis. Nou gaan ek weer vir n paar behandelings, net om seker te maak.
Ek is eerstens baie dankbaar teenoor my skepper en ook dankbaar vir wat Imelda vir my gedoen het. U maag my gerus skakel by telefoon no.
(012) 997-1280.
N. V., Pretoria
![]()
30.06.1997
Liewe Tannie Imelda,
Baie dankie vir U behandeling met my dogter Corné. As ek terug dink hoe baie dokters ons by was vir nege jaar om haar sinus oop te kry en met haar ruggie, dan het hierdie 12 behandelings meer vir haar beteken. dokters het gesê sy sal moet gaan vir n rug operasie en opgeboude skoene moet dra. En met U behandeling is dit nie meer nodig nie.
En dankie vir die mat wat ons in die bed kon sit. Dit het baie bygedra vir haar gesondheid.
Mag dit verder goed gaan met U. God seën U hande, want hy werk deur U in ons. Mag dit goed gaan met U en Peter se praktyk.
Liefde Groete
M. en C. N., Lichtenburg
![]()
29. Junie 1997
Liewe Tannie
Dankie dat tannie my gehelp het. Ek is bly ek is nou weer gesond.
Dit is lekker by tannie. Die mat help ook baie vir my.
Ek het lief vir tannie geraak.
van
Corné N.,
Std. 2
(c)
Copyright / Kopiereg 1997/1998, Reflexology 2000 en Logisoft
Reflexology
2000
Jack
Hindonstraat 223, Pretoria-Noord, RSA-0182, Suid-Afrika
Tel: 546-5651
Faks: 546-5984
Nationale
Skakelkode: (012)
Internationationale Skakelkode: (+027
12)
eMail: reflexology@mail.com